|
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy 'n M.A.-graad verwerf het. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary's DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann en het twee dogters, Joekie en Rianné.
|